OSHskills Management

Dienste / Produkte:

Gesondheidskonsultasie- en opleiding (werksplek) • Veiligheidskonsultasie- en opleiding (werksplek) • Beroepsveiligheid-oudits • Beroepsmediese ondersoeke • & meer

Meer oor OSHskills Management

Leer ken vir OSHskills Management

Gesondheid en veiligheid is ‘n kritiese verantwoordelikheid van elke besigheid in terme van die Beroeps- Veiligheids Wet. Om te voldoen aan gesondheids-en veiligheidswetgewing word verplig van besighede, maar deur seker te maak dat jou werknemers opgelei is om sekere noodgevalle reg te hanteer, bevorder ook ’n kultuur van verantwoordelikheid en omgee in die werksplek. Werknemers is ’n besigheid se grootste bate. Opleiding verseker dat personeel bewus is van potensiële gevare en weet hoe om hulself en kollegas te beskerm. Gesondheids-en veiligheidsopleiding help om te verseker dat werknemers die wet verstaan en dat die besigheid boetes, regstappe en moontlike sluiting vermy. Besighede wat veiligheid ernstig opneem, bou vertroue by kliënte, kontrakteurs en werknemers. Dit wys dat die maatskappy professioneel, verantwoordelik en eties bestuur word – iets wat in vandag se sakewêreld ’n groot mededingende voordeel is. En natuurlik, ‘n veilige werksomgewing verhoog produktiwiteit: minder ongelukke beteken minder stilstand, minder siekteverlof en minder onderbrekings.

Ons stel graag OSHskills Management bekend. As gesondheids-en veiligheidspesialis diens ons kliënte regoor Suid-Afrika in alle komponente, onder andere noodhulp-en brandbestrydingsopleiding, beroepsmediese ondersoeke, beroepsveiligheid-oudits, ontruimingsplanne, en selfs insidentsondersoeke. Deur ons omvattende dienste bied ons ‘n sleutelklaar oplossing – ons sorg dat jy aan alle relevante wetgewing voldoen, en dat jou span toegerus met die nodige vaardighede en kennis om noodgevalle in die werksplek korrek en effektief te hanteer.

Die mense en hart agter OSHskills Management

OSHskills Management is onder die leiding en bestuur van Jurgens Steyn. Jurgens kom uit ‘n agtergrond van onder andere bankwese, kwaliteitsbestuur, beroepsveiligheid, opleidingsbestuur en as arbeidsmakelaar. Die OSHskills Management-span van 11 lede bestaan onder meer uit gekwalifiseerde 7 fasiliteerders wat die opleiding by die kliënt se perseël aanbied, of by ons kantore in Benoni of in Richardsbaai.

As OSHskills verstaan ons dat gesondheids-en veiligheidsopleiding ‘n uitgawe is wat nodig is, maar nie altyd maklik is vir ‘n kliënt nie – ‘n besigheidseienaar wil nie hê die besigheid moet toemaak oor beserings of higiëne nie, en wil ook nie boetes opgelê word nie. Dit is hoekom dit vir ons van uiterse belang is om ons kliënte die beste professionele diens te gee en ook te ondersteun. Ons fokus is nie net kliënte wat tevrede is nie, maar dat daar baie waarde toegevoeg word tot die besigheid en werknemers. Van die eerste konsultasie af is dit vir ons ‘n mikpunt om te werk aan ‘n langtermynverhouding met ons kliënte; goeie, opbouende menseverhoudings is die hartklop van OSHskills Management.


Die Koninkryksimpak van OSHskills Management

Dit is vir ons baie belangrik om besigheid met integriteit te doen. Ons is ook graag deel van die gemeenskap en maak daar ‘n verskil. ‘n Winsgewende besigheid kan ander mense oplig en help – ons weet watter behoefte daar is en wil graag help. In en deur ons werksplek het ons ‘n impak op baie ander mense. Deur goeie verhoudings met kliënte te bou kan ons deur gedrag, voorbeeld en wyse van besigheid doen Jesus se Koninkryk uitbrei. As direkteur is diensbare leierskap vir Jurgens fundamenteel in sy besigheid en weet dit is baie keer die verskil wat ander nodig het om te sien en te beleef.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top