HDI International Supplies
- https://www.hdi-group.com/
- +27 (0)82 414 2112
- info@hdi-group.com
- https://wa.me/27824142112
Dienste / Produkte:
Meer oor HDI International Supplies
WIE IS HDI INTERNATIONAL SUPPLIES?
HDI International Supplies is jou betroubare vennoot in internasionale grootmaatverskaffing. Ons spesialiseer in die verspreiding van ’n wye verskeidenheid produkte, sowel as die invoer en uitvoer van hoë-waarde items vir die mynbou, konstruksie, industrie en landbousektore.
Met ons diens en sterk vennootskappe met toonaangewende vervaardigers het ons oor die afgelope 43 jaar ’n handelsmerk opgebou wat bekendstaan vir kwaliteit produkte, ’n groot verskeidenheid items en uitstekende logistieke vermoëns. Met ’n BEE-vlak 2-gradering en ’n gevestigde naam in die bedryf, is ons goed toegerus om elke kliënt met persoonlike aandag en ware kundigheid te bedien.
Ons is gefokus daarop om praktiese oplossings te bied – en om ’n vennoot te wees waarop jy altyd kan staatmaak. Ons voorsien kliënte wêreldwyd van ’n wye reeks produkte wat aangepas is vir hulle unieke behoeftes.
Die mense en die hart van HDI
Ons span in Meadowdale, Johannesburg bestaan uit kundige mense wat elkeen ’n sleutelrol speel. Hulle sorg dat ons kliënte uitsonderlike diens ontvang – van produkgehalte tot verpakking volgens die presiese spesifikasies van elke kliënt.
Ons is dankbaar om te kan se dat ons het feitlik geen personeelvervangings nie. Dié toewyding wys in hoe die span saam met HDI groei en floreer.
Wat vir ons belangrik is, is dat elke transaksie nie net professioneel hanteer word nie, maar dat die klient persoonlike diens ontvang. Ons sien elke kliënt as uniek en belangrik. Daarom luister ons regtig na hulle behoeftes, en bou ons verhoudings op vertroue, eerlikheid en deursigtigheid. Hierdie waardes vorm die fondament van ons besigheid – en dis juis hoekom ons vandag nog saam werk met kliënte en verskaffers met wie ons meer as 40 jaar gelede in vennootskap getree het.
HDI se Koninkryksimpak
Vir ons by HDI is ons Koninkryksimpak nie net iets wat ons sê nie – dis iets wat ons leef. Die Here is die Hoofaandeelhouer van ons besigheid, en Sy waardes lei alles wat ons doen. Elke interaksie is vir ons ’n geleentheid om Sy lig te wys – nie net in wat ons sê nie, maar in hoe ons optree. Dis vir ons belangrik om ’n verskil te maak, nie net in die wêreld van besigheid nie, maar ook in mense se lewens.