Untoshi
- https://untoshi.com/
- +27 (0)82 655 3599
- wim@untoshi.com
- wa.me/27826553599
Dienste / Produkte:
Meer oor Untoshi
HIERDIE IS UNTOSHI
Ek is Wim Olivier van Untoshi. By Untoshi Custom Software glo ek dat die regte tegnologie besighede die vryheid gee om slimmer, vinniger en met groter selfvertroue te groei. Daarom ontwikkel ek pasgemaakte sagteware-oplossings wat spesifiek ontwerp word vir elke onderneming se unieke behoeftes. Of dit nou ‘n selfoonvriendelike webwerf, ‘n gevorderde webtoepassing of ‘n volledige besigheidstelsel is, my doel is om oplossings te skep wat prosesse vereenvoudig, tyd bespaar en besighede help om meer doeltreffend te werk.
Met meer as 30 jaar se praktiese ervaring fokus ek nie op kitsoplossings wat slegs een uitdaging aanspreek nie. Ek kyk na die groter prentjie en bou stelsels wat met bestaande sagteware integreer en werklik waarde toevoeg. Deur kreatiewe denke, jare se ervaring en die slim gebruik van kunsmatige intelligensie vind ek dikwels oplossings wat ander miskyk. Vir my gaan dit nie net oor sagteware nie; dit gaan daaroor om besighede te help om slimmer, vinniger en met groter selfvertroue te groei.
Die mens en die hart van Untoshi
Ek is so lief vir tegnologie as toe ek my eerste reëls kode geskryf het. Ná my studies in BCom Rekeningkunde het ek ontdek dat my hart eintlik in rekenaarwetenskap lê, en sedertdien is ek op ‘n voortdurende reis om nuwe tegnologie te leer en dit te gebruik om mense te help. Ek glo dat kennis gedeel moet word, daarom leer ek nie net om self beter te word nie, maar ook om ander toe te rus en te ondersteun.
Wat my elke dag motiveer, is die verskil wat ‘n goeie oplossing in iemand se besigheid en lewe kan maak. Ek geniet dit om te sien hoe ‘n stelsel mense se werk makliker maak, ure se handewerk uitskakel, koste bespaar en nuwe geleenthede vir groei skep. Ek het ook ‘n groot passie vir persoonlike ontwikkeling, suksesbeginsels en die regte ingesteldheid, omdat ek glo dat ware groei altyd by die mens begin voordat dit in ‘n besigheid sigbaar word.
Die Koninkryksimpak van Untoshi
Vir my gaan Koninkryksimpak oor mense. Ek wil my kennis en ervaring gebruik om ander te dien, hulle te help groei en hulle aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik. Elke gesprek, elke oplossing en elke verhouding is vir my ‘n geleentheid om waarde toe te voeg. As ek iemand kan help om met groter wysheid, selfvertroue en hoop vorentoe te beweeg, glo ek ek leef my roeping uit, een mens en een besigheid op ‘n slag.