Corporate Development Foundation
- https://www.cdfoundation.co.za/
- +27 (0)82 855 6510
- info@cdfoundation.co.za
- https://wa.me/27828556510
Dienste / Produkte:
Meer oor Corporate Development Foundation
Leer meer oor Corporate Development Foundation
Corporate Development Foundation is ‘n besigheid wat fokus op beroepsvoorbereiding en beroepsontwikkeling maar wat spesialiseer in entrepreneursopleiding en ontwikkeling as geleentheid vir werkskepping. Met die ongeveer 45% werklose jeug tussen ouderdomme 18 – 35 wat nog aktief werk soek, is daar ‘n geweldige uitdaging ten opsigte van werkloosheid in Suid-Afrika. Ons kliënte is veral jongmense tussen die ouderdomme 12 – 35 jaar.
Die proses van beroepsbeplanning, beroepsontwikkeling met gepaarde ondersteuning is soos volg:
Fase I • Graad 7 – 9: Studiemetodes- en gewoontes; vakprestasie; vakkeuses; beroepe, spesifiek entrepreneurskapbewusmaking
Fase II • Graad 10 – 12: Studiemetodes- en gewoontes; beroepskeuses; studiekeuses; beroepsvoorbereiding; entrepreneurskapbewusmaking; entrepreneurskapgesindheid; entrepreneursopleiding- en ontwikkeling
Fase III • Na-Skool & Werksomgewing: Studiemetodes- en gewoontes; beroepsvoorbereiding; beroepsontwikkeling; entrepreneursopleiding- en ontwikkeling; korporatiewe mentorskap- en afrigting (coaching); besigheidskonsultasie; besigheidsleierskapontwikkeling
Ons plaas besondere klem op die kweek van ‘n entrepreneurskapsgesindheid met die doel om potensiële entrepreneurs toe te rus deur opleiding, mentorskap en afrigting (coaching) binne ‘n besigheidsinkubasiemodel, om hulle eie besighede te begin, ontwikkel en volhoubaar instand te hou.
CDF bied ook ‘n diens aan opkomende klein en medium sakeondernemings en help met sleutelgereedoplossings vir uitdagings wat ondervind word binne besigheidsverband. Ons doen ‘n volledige analise van verskeie fasette van die besigheid en bied dan ‘n implementeringstrategie wat die besigheidseienaar kan aanwend om die besondere uitdagings te oorkom en die besigheid te laat floreer. Dit kan ook verdere konsultasies insluit met mentorskap en afrigtings-(coaching)-programme vir persoons- en besigheidsontwikkeling op verskeie terreine.
Die mens en hart agter Corporate Development Foundation
CDF is gestig en word bestuur deur Dr Johan Louw. Johan beskik oor die volgende kwalifikasies: PhD (Entrepreneurskapsontwikkeling) van die Universiteit van Pretoria, MEd (Opvoedkundige Sielkunde) van die Universiteit van Pretoria, en MBA (Spesialisering in Entrepreneurskap) van die Bond Universiteit in Australië.
Hy is ’n gesoute opvoeder en fasiliteerder in beroepsvoorligting, besigheidsontwikkeling en entrepreneurskap. Met 26 jaar ervaring in die Onderwys en meer as 17 jaar se ondervinding in verskeie formele en semi-formele besighede is hy ’n passievolle persoonlike- en besigheidsmentor-en afrigter (coach). Hy het in sy loopbaan reeds na 24 lande gereis en opleiding en gemeenskapsprojekte in 18 lande op 5 kontinente gefasiliteer.
Corporate Development Foundation het ontstaan en word gedryf deur die oortuiging dat alle jongmense gelyke geleenthede behoort te hê om in hul beroepe uit te blink, in hul besighede te floreer, en sodoende hulle doel en betekenis in hul lewens te vind en uit te leef tot voordeel en opbou van ander.
Die Koninkryksimpak van Corporate Development Foundation
Die Koninkryksimpak van CDF lê in die pad wat daar met mense gestap word. Dit gaan nie net vir ons daaroor om iemand te help om ‘n beroepskeuse te maak nie, maar baie spesifiek ook oor dissipelmaking. Opleiding is vir ons ‘n middel tot ‘n doel. Ons hart is om mense te lei om hul roeping te vind en ten volle sinvol uit te leef met die gawes en talente wat hulle ontvang het. ‘n Loopbaan en besigheid is ‘n pad waarop iemand beweeg en waar hulle weer die geleentheid het om verskeie ander se lewens aan te raak deur dissipelmakers te wees. Ons vra die vrae: Wat is jou passie en belangstellings? Waarvoor is jy geroep? Is jy waar die Here jou wil hê en gebruik? Hoe kan jy deur jou beroep, maar spesifiek oor deur jou besigheid, God se Koninkryk bou? Gawes en talente is wat die Here vir ons gee om te gebruik, en ons kry ‘n geleentheid om mense te help om dit te ontdek en aan te wend vir ‘n groter doel: die groter doel is om in elke faset van wat ons doen, mense na Jesus toe te lei, te laat groei en ontwikkel in gees, siel en liggaam om sodoende Sy Koninkryk te bou.