Pimankus

Dienste / Produkte:

Graanverhandeling • Oliesaadverhandeling • Waardekettingbestuur: • Mielies • Koring • Sorgum • Sonneblomsaad • Sojabone • Suikerbone

Meer oor Pimankus

HIERDIE IS PIMANKUS

By Pimankus is ons trots daarop om ’n waardekettingbestuurder en verhandelaar van graan en oliesade te wees. Ons het in 2000 begin, en sedertdien help ons boere en meulenaars met die regte kundigheid, kennis en ondervinding in elke fase van die proses – van voorraadbeheer en aflewering, tot verskansing met termyn- en opsiekontrakte deur JSE-makelaars, finansiering van graan via finansiële instellings, en selfs die vervoer van fisiese graan van plaas of silo tot by die meulenaar.

Danksy ons gevestigde en geoptimaliseerde sisteme en strukture, kan ons kliënte regoor Suider-Afrika effektief bedien, met spesifieke fokus op Suid-Afrika, Namibië en Botswana. Ons is daartoe verbind om die hoogste gehalte produkte en diens te lewer, en fokus altyd op ons kliënt se beste belange – met groei en pryssekerheid as prioriteit.

Die mense en die hart van Pimankus

Ons bestuur Pimankus met groot sorg – ons, Niël en Pierre van der Watt, is broers en mede-eienaars van die maatskappy, en het saam al 46 jaar se ondervinding in graanverhandeling en waardekettingbestuur opgebou.

Met kantore in Pretoria-Oos en Delmas, word ons span gevorm deur 18 toegewyde personeellede wat saam met ons werk om ons waardes van deursigtigheid, betroubaarheid en integriteit elke dag in praktyk toe te pas. Dít is wat ons in staat stel om langtermyn-verhoudings met ons kliënte te bou en te onderhou.

Ons verstaan die onsekerheid wat boere en meulenaars beleef rondom graanpryse, en hoe belangrik pryssekerheid vir hulle is. Ons hart by Pimankus is om ons kliënte gemoedsrus te gee dat hulle die beste moontlike prys sal kry, en dat hul besigheid se groei, nou en in die toekoms, vir ons belangrik is.

Ons Koninkryksimpak

Ons wil nie net goeie besigheid doen nie – ons wil ook ’n verskil maak in mense se lewens en in ons gemeenskappe. Ons help waar ons sien daar is ’n behoefte, en probeer altyd om getrou rentmeesters te wees van dit wat aan ons toevertrou is.

Ons glo ook daaraan om Christelike waardes as maatstaf te gebruik in hoe ons sake doen. Dis vir ons belangrik om ander op hul pad met die Here te ondersteun, en om die Koninkryk deur ons werk te weerspieël – nie net in woorde nie, maar in dade.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top