Earthmoving Parts & Components

Dienste / Produkte:

Herstel & verskaffing van metaalkomponente-en parte vir grondverskuiwingsmasjinerie • Kwotasies en herstelwerk van ongelukbeskadigde grondverskuiwingsmasjinerie • Onderhoud, herstel en vervanging van komponente vir handelsname in die grondverskuiwingsindustrie

Meer oor Earthmoving Parts & Components

Leer meer oor Earthmoving Parts & Components

Earthmoving Parts & Components (EPC) is ‘n maatskappy wat spesialiseer in grondverskuiwingstoerusting. Ons voorsien en herstel komponente vir grondverskuiwingsmasjinerie, en  help kliënte om die regte parte, herstelwerk en oplossings te kry; betroubaar, kostedoeltreffend en met ’n vinnige omkeertyd. As vervaardiger en invoerder van topgehalte parte en komponente, kan ons kliënte in elke aspek van die proses diens: vanaf die vervaardiging, deur die bestuur van die proses, tot die nodige logistieke. Deur ons netwerk en besigheidsverhoudings is ons ook in staat om parte vinniger tussen lande te kan stuur, terwyl ons steeds die prosedures en termes van elke land respekteer en nakom. Ons kundigheid is ook tot die voordeel van elke kliënt – ons identifiseer die beste produk wat nodig is om die funksionaliteit van toerusting te verbeter en die langlewendheid van ‘n bate of item te verleng, wat op die langer termyn vir kliënte tyd, geld en moeite spaar.

Wat is een van die grootste voordele wat ons kliënte geniet? EPC-kliënte se masjinerie se produksie en staantyd word tot die minimum beperk, wat beteken dat herstelwerk of vervanging nie hul produktiwiteit nadelig beïnvloed nie. Ons is dankbaar om te kan sê dat hiérdie is een van die aspekte van EPC waarvoor ons bekend geword het – ons kliënte weet dat hulle op EPC kan staatmaak om betyds die beste kwaliteit produkte en uitstekende diens te lewer.

 

Die mens en hart agter Earthmoving Parts & Components

Earthmoving Parts & Components is onder die stuur van Pieter Nienaber. Met 25 jaar se ondervinding in die konstruksie-en mynbousektore het Pieter kundigheid ontwikkel op ‘n vlak wat baie seldsaam in sy industrie is. Hy was betrokke sedert 2002 by groot projekte oor Afrika onder leiding van groot name in die konstruksiesektor, en het saam met sy span hoofweë gebou, ‘n dam in Lesotho, kragstasies en toringkrane, om slegs ‘n paar te noem. Deur hierdie tydperk het Pieter kennis, ‘n databasis en spesialiteit in produkte ontwikkel wat hy vandag aanwend om nie net EPC nie, maar ook elke kliënt se projek, ‘n sukses van te maak.

Die hart agter Earthmoving Parts & Components is om ander te help om bó te kom deur middel van kennis met hulle te deel. EPC wil mense help om hulself en hul besighede by die regte kliënte uit te kry om sodoende groei en ontwikkeling teweë te bring. Pieter deel graag sy rykdom van kennis met ander en is passievol daaroor om ander en ook hul besighede te sien floreer.

 

Die Koninkryksimpak van Earthmoving Parts & Components

As EPC glo ons in die beginsel van “eerste vrugte” en gee van alle opbrengs 10% van instansies of waar die Here ons lei om te saai. Pieter maak seker dat waar hy gaan, dat hy met mense wat nie die Here ken nie, sy getuienis deel. Pieter glo ook dat dit uiters belangrik is om die kennis wat die Here hom gegee het, met ander te deel, want dit kom nie uit homself uit nie. Dit het, onder andere, ‘n kliënt wat ‘n groot besigheid het, gehelp om weer deur hul eie besigheid ‘n impak te maak. Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons al baie mooi Christelike besigheidsverhoudinge opgebou het. Ons glo: belyn jou lewe met die Here en sien wat Hy doen. Ons kan nie skaam wees vir Hom nie!

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top