VIP Versekering (FSP 15453)

Dienste / Produkte:

Korttermynversekering • Doeltreffende risikobestuur • Aanspreeklikheidsdekking

Meer oor VIP Versekering (FSP 15453)

Kom ontmoet VIP Versekerings-en Risiko Konsultante (FSP 15453)

Was jy al in ‘n posisie waar iets onverwags gebeur het en jy het nie versekering gehad nie? Of dat jy ‘n versekeringseis ingesit het, maar jy was nie korrek verseker nie en het as gevolg daarvan ‘n finansiële verlies gely? Ons weet dat hierdie al met meer mense gebeur het as wat dit moes en hoe uitdagend dit kan wees om jouself op te bou en te herstel na sulke situasies.

VIP Versekerings-en Risiko Konsultante (VIP) is ‘n makelary wat spesialiseer in korttermynversekering met fokus op persoonlike lyne, kommersiële versekering, asook aanspreeklikheid. VIP  is geregistreer by meeste van die top versekeraars in Suid-Afrika, sodat kliënte nie net die beste diens en regte dekking het nie, maar dat die versekeraars ook eise kan uitbetaal wanneer dit nodig is. Die versekeringsindustrie in Suid-Afrika het ongelukkig ‘n negatiewe beeld gekry as gevolg van verskeie faktore en sodoende veroorsaak dat mense n negatiewe beeld van versekering het. Dit is vir ons as VIP van uiterste belang om hierdie beeld te verander, sodat mense weer ‘n makelaar kan vertrou en die voordele van goeie versekering en dekking kan geniet.

VIP is daar om te help. Ons doen ‘n volle behoeftebepaling vir al ons kliënte om seker te maak ons bied vir hulle die regte versekering. Deur ‘n volledige risiko-analise te doen, weet ons hoe om optimaal die risiko na die versekeraar oor te dra, sodat ons kliënte gemoedsrus het wanneer hulle ‘n eis moet insit. Ons neem ook die bekostigbaarheid van elke kliënt in ag, sodat hulle die beste dekking binne ‘n begroting kan kry. As deel van ons dienste bied ons ook professionele aanspreeklikheidsdekking aan om voorsiening te maak vir die professionele kliӫnt wat nie hierdie risiko kan dra nie. By VIP maak ons seker jy weet jy is in goeie hande.

Die mens en hart agter VIP Versekerings-en Risiko Konsultante

VIP is onder die sorgvuldige stuur van Cisca Louwrens, ‘n gesoute korttermynmakelaar wat sedert 2002 betrokke is by VIP en tans die eienaar van VIP,  ‘n makelary met ‘n hart om mense werklik te help. As taakgedrewe,/“wit-of-swart” persoon is dit vir haar belangrik dat die korrekte werkswyse gevolg word en geen kortpaaie geneem word nie, maar om steeds ‘n goeie verhouding met ‘n kliënt op te bou en te weet hulle het die regte versekering vir die regte prys.

Die hart van VIP is om ‘n kliënt te help om so spoedig moontlik na ‘n insident, weer op die been te kom. As iemand se huis afbrand en hulle alles verloor, moet daar stuk-stuk weer herbou en herstel word. VIP weet dat die regte versekering ‘n baie groot verskil maak as die onvoorsiene in die lewe gebeur. Baie mense kies om nie versekering te neem nie, want hulle betaal premies sonder om te eis – maar die realiteit is dat, sou daar ooit iets gebeur en mens ‘n verlies ly, daar iets is om jou te help om te oorleef en weer aan te gaan.

Die Koninkryksimpak van VIP Versekerings-en Risiko Konsultante

VIP het die geleentheid om op ‘n daaglikse basis met baie mense te kan werk. Dit is belangrik om werklik te luister na ander se behoeftes en hulle te help. Omrede die besigheid onafhanklik op tree, is VIP in n ‘n baie bevoorregte posisie om nie teen gediskrimineer/gepenaliseer te word wanneer daar openlik oor geloof in Jesus Christus gepraat word nie. Hulle kan dus praat oor wat hulle glo. VIP reik ook uit na ander en probeer om elke dag hulle verhouding met Jesus te modeleer in hoe daar besigheid gedoen word en met hulle naaste gewerk word.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top