XTIAN (Pty) Ltd.
- https://xtian.co.za/
- +27 (0) 71 387 5199
- christiaan@xtian.co.za
- https://wa.me/27713875199
Dienste / Produkte:
Meer oor XTIAN (Pty) Ltd.
Welkom by XTIAN (Pty) Ltd.
XTIAN is ‘n IT-maatskappy wat spesialiseer in kuberveiligheid en alles IT. Ons vlagskipproduk, GreenLine, is ‘n revolusionêre inhoudsfilter (content filter) wat nie net op ‘n toestelvlak, maar op ‘n netwerkvlak, sekere webblaaie en kategorieë in geheel, blok. GreenLine vervang ‘n router met ‘n vuurmuur (firewall) wat jou data en netwerk beskerm, en blokkeer inhoud wat skadelik kan wees. Deur GreenLine tuis of by jou besigheid te installeer, beveilig jy jou netwerk en ook jou mense. Omdat GreenLine die nuutste tegnologie bevat kan ons jou netwerk op die hoogste vlak beveilig sonder om jou lynspoed te affekteer.
Ons leef in ‘n digitale wêreld waar meeste mense die grootste deel van hul dag aanlyn spandeer. Statistieke wys dat mense op ‘n globale vlak gemiddeld 6+ ure per dag aanlyn is*. In Suid-Afrika is dit aansienklik meer: Suid-Afrikaners spandeer gemiddeld 9,5 uur per dag aanlyn**. Deur die gerieflikheid van ‘n digitale wêreld word mense ook al hoe meer bewus van die gevare van die internet. Alhoewel baie mense nie intensioneel vir sekere skadelike inhoud gaan soek nie, kan dit deur slegs ‘n paar klieks op ‘n skerm verskyn. Omdat toegang tot hierdie inhoud makliker word, stel dit beide volwassenes en kinders bloot en kan in verskeie manier baie skade aanrig. Dit is dus krities vir ‘n netwerk en toestel om in beginsel toegang tot sekere webblaaie te blok en veilig te wees teen kuberkrakers. Hiér is waar GreenLine inkom – óns bied die antwoord.
*Statista | **it-online.co.za
Die mens en hart agter XTIAN (Pty) Ltd.
XTIAN (Pty) Ltd. word besit en bestuur deur Christiaan Bornman. Met agtergrond in etiese kuberkraak het Christiaan vanaf hoërskooldae af ondervinding opgedoen in kuberveiligheid. XTIAN is gestig as ‘n IT-maatskappy wat kliënte diens deur bekostigbare oplossings, dienste en ondersteuning in alles IT-verwant. Ons glo dat jou tegnologie vir jou moet werk – nie anders om nie. Met jare se kundigheid, kennis en ondervinding beweeg XTIAN in ‘n nuwe, gevorderde seisoen in met GreenLine.
GreenLine se naam het ontstaan uit ‘n jeug groep in Mexico, waar die jeug een aand verby ‘n straatstalletjie geloop het waar daar volwasse tydskrifte en materiaal oop en bloot op die rakke gestaan het vir alle oë om raak te sien. Een van die vriende skree toe: Linea verde! Die direkte vertaling hiervan is “green line”, wat daai aand die betekenis gekry het: kyk weg en fokus op iets anders. En dís hoe GreenLine as naam en produk ontstaan het.
As getroude man en pa van drie kinders lê suiwerheid vir Christiaan baie ná aan die hart. Die hart van GreenLine is om ‘n middel te wees vir mense om suiwer te kan wees in dít wat hulle toegang tot het op hulle netwerke en toestelle. Dit is ‘n stap wat iemand kan neem om verantwoordelikheid te vat vir hulself, hul gesin en hul besigheid, en om standpunt in te neem teen dinge wat mense, besighede en die wêreld besoedel. GreenLine gee weer mense se kosbare tyd vir hulle terug, sodat dit op dinge spandeer kan word wat langtermyn-en ewigheidswaarde het.
Die Koninkryksimpak van XTIAN (Pty) Ltd.
As kinders van die Here word ons geroep om suiwer te leef. Deur GreenLine gee ons vir mense die toerusting om hulself suiwer te hou deur wat hulle aanlyn sien. Omdat die wêreld baie digitaal is, kan ons mense gemoedsrus gee dat hulle, hul werknemers en kinders nie by inhoud sal kan uitkom wat die siel en hart kan besoedel nie. Ons weet dat hierdie is ‘n enorme, verreikende Koninkryksimpak en ons vertrou die Here vir leiding in elke deel van hierdie reis.