Energise Solutions
Dienste / Produkte:
Meer oor Energise Solutions
Kom ontmoet vir Energise Solutions
Energise Solutions is ‘n bestuurskonsultasiefirma wat spesialiseer in leierskapontwikkel en kultuurformasie. Ons werk met leierskap en kultuur, en glo dat volhoubare prestasie begin by leierskap. Deur leiers te ontwikkel, skep ons sterk, gesonde kulture waar mense, spanne en organisasies kan floreer. Baie keer fokus besighede om hul personeel op te lei vir groei, maar vergeet dat die besturende direkteur en senior leiers moet ook groei. Hier is waar Energise Solutions ‘n verskil maak. Ons bring weer nuwe energie na organisasies deur gefokusde leierskapsontwikkeling, praktiese opleidingsprogramme en deurlopende leierondersteuning. Gesonde bestuur en bewuste leierskap stel organisasies in staat om optimaal te funksioneer—met ’n natuurlike uitkringeffek na personeelbetrokkenheid, kliëntetevredenheid en uiteindelik winsgewendheid. Ons glo vas dat leierskapsontwikkeling en kultuurformasie gelyk is aan ware transformasie.
Mense werk nie meer in ‘n mensewêreld nie. Meeste dinge word deesdae aanlyn gedoen en geoutomatiseer. Sommige leiers hanteer mense asof hulle iets op ‘n KI-platform soek wat dadelik resultate lewer. Wat hierdie teweegbring is dat mense nie meer as mense hanteer word nie. Hulle word moeg, onbetrokke en uiteindelik verlaat hul besighede, juis omdat hulle nie meer as mense hanteer word nie. Leierskap is dus nie meer ‘n meganisme om mense te hanteer, te lei en te laat groei nie. Ons help ons leiers om bewustheid te ontwikkel van hul eie ingesteldheid, om empatie te versterk en om ’n kultuur te bou wat prestasie én menswaardigheid bevorder.
Ons oplossing is ontwikkel vanuit die navorsing en opleidingsraamwerke van die Arbinger Institute, ’n wêreldleier in leierskap- en kultuurontwikkeling. As Energise Solutions bied ons verskillende opleidingstrukture aan gebaseer op jou behoeftes – langer of korter opleiding, pasmaat of reeds ontwikkelde programme. Ons ondersteun jou elke deel van die pad: vanaf konsultasie, assessering, mentorskapsafrigting, fasilitering van opleiding (met die fokus op leierskap), en leer jou kritiese vaardighede aan.
Die mens en hart agter Energise Solutions
Energise Solutions is gestig deur Frank de Beer. Frank het begin as dosent by die Universiteit van die Vrystaat as bedryfsielkundige. Later het hy by verskeie groot maatskappye, onder andere Sage en Altron, gewerk in organisasie-ontwikkeling. Vanuit hierdie jarelange ondervinding het hy Energise Solutions begin. Sy passie is om die menslike faktore in leierskap terug te bring in besigheid. Die antwoord sit by mense; Energise Solutions help jou om dit self te ontdek en te ontgin. Ons wil lewens verryk deur mense te bemagtig, en om leiers weer die vaardighede en bewustheid te gee om dit in hulle besigheid of organisasie te kan doen. Denkwyse dryf gedrag. Deur elke aspek in oorweging te bring help ons leiers om hul eie potensiaal te ontwikkel, wat dan deursyfer na die span. Ons bring weer hoop en leer leiers vaardighede – sodoende speel ons ‘n rol in die bou van gesonde mense binne-in gesonde besighede.
Die Koninkryksimpak van Energise Solutions
In die besigheidswêreld kry ons geleentheid om die Bybel te leef wat hulle nie andersins sou lees nie. Omdat ons met leiers werk, weet ons watter geestelike impak dit ook op die totaliteit van die besigheid of organisasie kan hê. Ons het ‘n omgeehart, help oral waar ons kan en glo in paying it forward. Elke dag is vir ons ‘n geleentheid om Koninkrykswerk te doen.