Broadley Marais

Dienste / Produkte:

• Lewensversekering • Beleggings • Aftredebeplanning

Meer oor Broadley Marais

Kom ontmoet vir Broadley Marais

Holistiese finansiële beplanning is nie net ‘n moontlikheid vir eendag  nie – dit is ‘n prioriteit vandag. Hoekom is dit belangrik? Dit help jou om jou toekoms met selfvertroue te bou deur jou bates doelgerig te bestuur, jou welvaart oor tyd te laat groei en jou geliefdes te beskerm teen die onvoorsiene.

My naam is Broadley Marais, ‘n finansiële adviseur van AdviceWorx (Pty) Ltd. Ons produk is ‘n weldeurdagte Lifestyle & Wealth Design Plan. Ek is in hierdie bedryf sedert 1990, en met dekades se ondervinding kan ek kliënte ondersteun met die nodige agtergrond en kundigheid. Om ‘n kliënt te leer ken, is my passie – ek spandeer baie tyd om elke kliënt te leer ken en hul behoeftes en omstandighede te verstaan, sodat die plan wat in plek gesit word, maatpas vir hulle sal werk. My jare se ondervinding sluit Discovery en Old Mutual in, waar ek by laasgenoemde spesifiek hoë-netto waarde kliënte ondersteun het ten tyde van my aanstelling by Old Mutual Private Wealth Management. Ek het ook intensief gewerk met pensioenfondse soos die National Fund of Municipal Workers, waar ek lede met aftredebeplanning gehelp het.

Aanvullend tot  bogenoemde sluit ons as Adviceworx ook finansiële dienste soos korttermynversekering, mediese fondse en gap cover in.

Beplan jou toekoms en leef jou beplanning!

Die mens en hart agter wat Broadley Marais doen

Ek leef my passie en geniet werklik wat ek doen. Daar is soveel mense wat verkeerde advies gekry het rakende hul finansiële beplanning en dus moeilik weer ‘n finansiële adviseur of beplanner vertrou. Dit is vir my belangrik om vanaf die eerste oomblik ‘n kliënt se vertroue te wen deur deursigtige, eerlike, realistiese advies en ‘n effektiewe plan wat oor ‘n lang tydperk geïmplimenteer kan word.

Die Koninkryksimpak van Broadley Marais

Ons wys baie meer deur ons optrede as wat ons besef. Ek maak ‘n Koninkryksimpak deur my optrede meer as slegs my woorde. Ek glo ook dat jou woord jou eer is – wanneer jy die regte ding doen, het jy ‘n vredevolle ervaring en uitkyk. In my beroep bespreek ek met ‘n kliënt hul aardse beplanning, maar nog soveel meer belangrik is hul ewigheidsbeplanning – ek kry geleentheid om met mense hierdie gesprekke te kan hê en die Here te vertrou om die werk te doen.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top