MEKO Coffee
Dienste / Produkte:
Meer oor MEKO Coffee
ONTMOET MEKO COFFEE
MEKO Coffee, geleë in Moreleta Kampus, is ‘n koffiewinkel met ‘n doel. Top gehalte koffie, warm atmosfeer, heerlike gebakte lekkernye en vriendelike diens maak MEKO die ideale plek om te werk, te kuier, te netwerk, of net te wees. Vanaf die sosiale media tot eerste koffie is dit duidelik dat MEKO nie ‘n duplikaat is nie – dis ‘n unieke, smaakvolle koffiewinkel met persoonlikheid waar jy welkom voel en tuis is.
Die naam MEKO staan vir Moreleta Ekosisteem – dié koffiewinkel is deel van iets veel groter. MEKO vorm deel van B4T.org, wat mikrobesighede regoor die wêreld oprig en befonds om ’n Koninkryksverskil te maak – nie net ekonomies nie, maar ook geestelik, sosiaal en omgewingsgewys.
Hier word elke aspek met doel gedoen: van die manier waarop die personeel agter die toonbank ontwikkel en groei, tot die verantwoordelike en etiese verkryging van die koffiebone wat in elke koppie bedien word. MEKO streef daarna om in alles wat hulle doen, ’n Koninkryksimpak te maak.
Die mense en die hart van MEKO
Die hart van MEKO Coffee is om ’n plek te wees waar elke besoeker voel soos familie – waar jy kosbare oomblikke kan beleef oor ’n koppie koffie, terwyl jy terselfdertyd deel word en belê in iets groter. Want elke keer as jy by MEKO kuier, dra jy by tot ’n mikrobesigheid êrens in die wêreld – ’n besigheid wat lewens verander.
MEKO het ontstaan uit B4T.org, ’n internasionale organisasie wat mense bemagtig deur vaardighede aan te leer, waardigheid te herstel en geleenthede te skep. Dit bring werkskepping, verlig armoede, en verander omstandighede – nie net in verre lande nie, maar ook reg hier in ons eie gemeenskap.
Die werksgeleenthede wat MEKO geskep het, het reeds verskeie mense se lewens drasties verander. Elkeen in die span kry die kans om deel te wees van iets groter as hulleself – iets wat waarde toevoeg, hoop bring en ’n blywende verskil maak.
MEKO se Koninkryksimpak
MEKO leef met ’n Koninkryksfokus in alles wat hulle doen – van die gevoel wat jy kry wanneer jy instap, tot die wyse waarop die personeel ontwikkel en behandel word, tot die manier waarop hul koffie verantwoordelik verkry word.
Die Koninkryksimpak van MEKO gaan oor meer as net koffie. Dis om mense te sien groei, hul waardigheid te herstel, en hulle toe te rus om ’n nuwe begin te maak. MEKO skep die ruimte en ondersteuning vir mense om hul potensiaal te ontdek, en dit weer aan te wend om ander te dien met wat aan hulle toevertrou is.