Academy Training Group

Dienste / Produkte:

Opleiding • Kort kursusse • Volle kwalifikasies • Leerlingskapprogramme (“learnerships”)

Meer oor Academy Training Group

Welkom by Academy Training Group

“Kennis is mag”, is ‘n bekende aanhaling van Sir Francis Bacon. Hierdie is die waarheid. Kennis en vaardighede rus ons toe om te presteer in die hede, en posisioneer ons vir ‘n onbeperkte toekoms.

Ons stel graag Academy Training Group bekend. Ons is ‘n privaat kollege wat opleiding aanbied:  kort kursusse en kwalifikasies, volle kwalifikasies, asook leerlingskapprogramme (learnerships). Ons kursusse en opleiding word in persoon of aanlyn aangebied, en ons is geposisioneer om nasionaal te fasiliteer.

Mense is jou grootste belegging as ‘n besigheid. Wanneer werknemers sien jy belê in hul ontwikkeling, voel hulle gewaardeer. Dit verhoog moraal, lojaliteit en verminder personeelomset, produktiwiteit en werksgehalte verbeter, omdat opgeleide personeel meer doeltreffend werk, minder foute maak en beter resultate lewer. Nuwe vaardighede beteken beter diens, sterker prestasie en hoër standaarde in jou besigheid. Opleiding hou jou besigheid ook mededingend: markte verander vinnig. Kort kursusse help jou span om by te bly met nuwe tegnologie, regulasies en bedryfstendense, sodat jou besigheid relevant en voor bly.

In Suid-Afrika allokeer die regering ‘n begroting vir die opleiding van mense. Hierdie beteken dat ‘n besigheidseienaar of bestuurder aansoek kan doen vir ‘n toelaag om hul personeel op te lei. As Academy Training help ons ons kliënte om die toelaag te ontvang en bied ook gepaartgaande opleiding aan. Opleiding kan ook tel tot ‘n besigheid se B-BBEE-status, en spesifieke opleiding kan die B-BBEE-gradering verhoog. Ons help ook besighede in learnership-proses, wat die verkrying en werwing insluit.

Ons bied standaard kursusse en opleiding aan, maar kan pasmaat kursusse ontwerp vir jou spesifieke behoeftes om jou personeel se vaardighede op te skerp. Wanneer iemand ons kursusse en / of opleiding suksesvol voltooi het, ontvang hulle die nodige akkreditasie. Belê in jou personeel en sien jou besigheid groei.

 

Die mense en hart agter Academy Training Group

Die Academy Training-groep bestaan uit, onder andere, 8 fasiliteerders. Die span gaan ver bo die verwagting om seker te maak ons kliënte het presies wat hulle nodig het. Sekere van die kursusse kan ook in die leerders se moedertaal aangebied word, afhangende van die kliënt se behoefte. Twee projekbestuurders maak seker dat elke kliënt goed versorg en ondersteun word, en dat ons kwaliteitlewering van baie hoë gehalte is. Die eienaar van Academy Training is Pieter Vermaak, ’n familieman met 20 jaar in die industrie en ‘n hart om vir mense ‘n toekoms te gee, en ook om terug te kan gee.

Ons wenk aan besighede: gebruik ‘n betroubare diensteverskaffer vir opleiding. Moenie te lank wag met die opleiding van jou personeel nie. Wanneer jy belê in jou mense het jy ‘n span met vaardighede, selfvertroue, ‘n oop toekoms, wat geposisioneer word vir bevordering. Mense is meer toegerus, wat help met jou besigheid se produksie en omset. Hierdie is ‘n wen-wen vir enige besigheid.

 

Die Koninkryksimpak van Academy Training Group

As kinders van die Here in besigheid het ons ‘n groot verantwoordelikheid om na die mense te kyk wat aan ons toevertrou is. Wanneer ons besighede aan die Here oorgegee is, vloei daar vrede uit, en ons kry geleentheid om ‘n getuienis te wees. Dis ook belangrik om ons gawes te gebruik om ‘n impak in die wêreld om ons te maak, en ons gawe om verandering te kan bring, is iets wat vir ons belangrik is om daagliks uit te leef.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top