PWR Trading

Dienste / Produkte:

Besigheidsregistrasies (CIPC & NATIS) • Besigheidsveranderinge (CIPC & NATIS) • Voertuiglisensies • Indiening van jaarlikse opgawes • Naamreserverings • Bankrekening open • Herinstellings van maatskappy • Invoer-en uitvoerlisensies (SARS) • “Beneficial Ownership Registration”

Meer oor PWR Trading

Kom ontmoet PWR Trading

Ons is PWR Trading, ’n maatskappy wat beide nuwe én gevestigde besighede help om al hul registrasies en lisensies in plek te kry volgens die toepaslike wette en regulasies. Ons weet hoe frustrerend dit kan wees vir enige besigheidseienaar of individu om eers later uit te vind van agterstallige registrasies of lisensies, en dan boonop boetes of ander gevolge te moet hanteer. Dis elkeen se verantwoordelikheid om seker te maak dat alle dokumentasie eerlik, betyds en volgens die nuutste regulasies gedoen is, en dít is presies waar ons inkom.

Of jy nou net ’n voertuiglisensie moet hernu, besig is om ’n nuwe besigheid te begin en hulp soek met naamreservering of maatskappyregistrasie, of al ’n gevestigde besigheid het en wil seker maak alles is wettig op koers: PWR Trading is jou eenstopdiens vir alles besigheidsregistrasies en lisensies. Ons verstaan die uitdagings wat kliënte kan beleef, van deregistrasie van maatskappye, bankrekeninge wat geblokkeer word, tot ’n besigheid wat glad nie kan handel dryf nie weens dokumentasie wat nie in plek of op datum is nie. Daarom bied ons ’n omvattende oplossing wat jou gemoedsrus gee. Jy los dit in ons hande – ons sorg dat alles met integriteit en deeglikheid vir én namens jou hanteer word.

Die hart en mense agter PWR Trading

In ’n bedryf waar oneerlikheid en kortpaaie helaas algemeen is, is ons doel eenvoudig: om ’n betroubare baken te wees deur ander te help, te lei en te adviseer sodat hulle regs- en amptelike dokumente in orde is – alles op ’n manier wat die Here verheerlik.

Ons het ’n passie om mense te help wat besig is om hul eie besigheid op die been te bring, en om saam met hulle seker te maak dat die regte fondasie van die begin af gelê word. Besighede speel ’n integrale rol in ons ekonomie en het die potensiaal om ’n groot verskil in mense se lewens te maak. Daarom glo ons dis noodsaaklik dat alles van die begin af reg gedoen word.

PWR Trading word besit en bestuur deur Peet Rademeyer. Hy fokus doelgerig daarop om mense te dien deur eerlike, betroubare diens, en om sterk verhoudings van vertroue met kliënte te bou, gebaseer op integriteit en deursigtigheid. Peet en sy span help nie net met registrasies en lisensies nie, maar ondersteun kliënte deurgaans, sodat hulle weet hulle word altyd goed na gekyk.

Die Koninkryksimpak van PWR Trading

Dit is ‘n fundamentele Bybelse besigheidsbeginsel om seker te maak jou dokumentasie is in orde en met eerlikheid en integriteit gedoen. Ons help besighede hiermee. Ons besigheid is ‘n manier vir ons om, deur alles wat gedoen word vir kliente, te streef om die Koningkryk van God te vereer vir die geleentheid en ook as Sy kind te lewe soos wat Hy sou wou hê ons moet en daardeur ook ‘n dissipel wees vir Hom – ons dien die Here deur ons besigheid.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top