Corcis Outdoor Rentals

Dienste / Produkte:

• Akkommodasie • Kamptoerusting

Meer oor Corcis Outdoor Rentals

Welkom by Corcis Outdoor Rentals

Ons almal weet hoe stresvol en uitputtend dinge kan raak. Die konstante gejaag van dag tot dag, die geraas van die stad, die druk van verskeie kante af… Soms het jy net nodig om te stop. Weg te breek. Jouself weer te vind en asem te skep in die natuur. Tyd te vat om af te skakel en kwaliteittyd met geliefdes te spandeer om weer jou batterye te laai en die lewe vierkantig in die oë te kan kyk.

Hier is presies waar Corcis Outdoor Rentals inkom. Ons is trots jou wegbreekvennoot. Deur aan jou kamptoerusting te verskaf, of jou te verwelkom by ons tuiste in Marloth Park, weet ons dat jy presies kry wat jy nodig het vir ‘n onvergeetlike wegbreek. As natuurliefhebbers met ‘n diep passie vir die natuur en God se skepping, wil ons mense help om heerlik te kan rus met alles wat hulle nodig het. Ons verhuur kwaliteit kamptoerusting en is ook ‘n verskaffer van National Luna-yskaste. As jy akkommodasie in ‘n huis verkies, beloof Bosgenade, ons 2-slaapkamer met solder eenheid in Marloth Park, gerieflik by die Kruger Nasionale Park, om jou te laat ontspan en die mooiste oomblikke in die omgewing te kan beleef. Ons bied nie net ‘n plek om te bly nie – ons gee ‘n pousekans weg van die wêreld. Of jy kom vir die natuurlewe of om net asem te kom skep, bied ons nuut opgeknapte eenheid die oplossing. Die eenheid is ideaal vir tot 8 gaste, met ‘n swembad, braaiarea – alles wat jy moontlik kan nodig kry vir jou tyd weg uit die stad.

 

Die mense en hart agter Corcis Outdoor Rentals

“Corcis” staan vir Cornelius en Cisca Louwens, ‘n egpaar wat ywerige kampeerders is. Cornelius (Kerneels) kom uit die korporatiewe wêreld en verstaan die daaglikse gejaag wat saam met die besigheidswêreld kom. Deur Corcis deel hulle hul passie en liefde vir kamp, die natuur en die verfrissing wat dit bied, met ander. Corcis wil vir mense iets gee wat hulle ook self geniet om te doen. Dit is vir hulle belangrik om kwaliteit en waarde vir geld te bied sodat mense weer sal terugkom – om goeie diens te lewer en ekstra goed te doen is ‘n belangrike aspek van Corcis. Kerneels en Cisca het hulself gevra: wat sal ons wil hê wanneer ons wegbreek? Hierdie lys is die afskoppunt van die Marloth Park-tuiste. Dit is vir hulle noodsaaklik dat mense ervaar hulle bly in ‘n plek wat voel soos ‘n tweede huis.

Die natuur is ‘n plek waar mens weer die grootheid van God kan ervaar. Of dit is deur die wonderlike sterrehemel, die rustigheid van die Krokodilrivier, die talle verskillende diere, voëls en insekte wat saam ‘n perfekte ekosisteem vorm, of die majestieuse bome en plantlewe – dit is ‘n belewenis wat mens baie selde in die stad ondervind. Corcis wil met Bosgenade hierdie ervaring vir mense weer ‘n werklikheid maak.

 

Die Koninkryksimpak van Corcis Outdoor Rentals

Ons Bosgenade-huis in Marloth Park is ‘n huis van gebed en ‘n plek van rus. Ons wil hê mense moet hiérdie daar kan ervaar, sodat hul siel weer rus kan vind en hulle werklik die Here weer op ‘n besonderse manier kan beleef en ononderbroke tyd met Hom kan hê. Dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n middel te hê om hierdie vir mense ‘n realiteit te kan maak. Ons huis is net ‘n deurgang na die Here se natuur – ons vertrou Hom dat mense ‘n dieper belewenis van Hom daar kan hê; hierdie is beide ons hart en ons gebed vir elke persoon wat daar gaan bly. Ons deel ook graag Jesus met ander deur die manier wat ons besigheid doen – Sy lig, vrede en liefde moet deursyfer in elke interaksie wat ons met ander het.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top