MW Dienste
- https://b4tconnect.co.za/advertiser/mw-dienste/
- +27 (0)82 881 2881
- mwdienste@gmail.com
- wa.me/27828812881
Dienste / Produkte:
Meer oor MW Dienste
KOM ONTMOET MW DIENSTE
MW Dienste spesialiseer in mediese fondse wat spesifiek vir jou behoeftes uitgewerk word. Ek is Martin Weideman, eienaar van MW Dienste. Ek het die besigheid oopgemaak omdat ek daarvan hou om met mense te werk en te help waar ek kan. Nadat die kommissiestruktuur in 2001 verander het, het baie besighede toegemaak, maar ons het ons benadering verander en aangepas. MW Dienste vra nie konsultasiefooie nie en ons kyk steeds na hoër risikopasiënte soos ouer mense. Hier tel ons nie geld nie – ons kyk net na ons mense.
MW Dienste het ‘n bittere bekwame span met meer as 60 jaar se ondervinding tussen die drie lede; ons was die top makelaar in Suid-Afrika vir 3 jaar in ‘n ry. Ons span plaas werklik kliënteverhoudinge bo aan die agenda en gebruik van die beste tegnologie om ons kliënte te help. Dis vir my lekker om voor mense te kan sit en hulle in die oë te kyk as ons hulle probleme probeer oplos. Die span glo vas dat mense gesien wil word en dat ons net die beste vir ons kliënte kan bied as ons goeie bande met hulle het. Alhoewel ons nog nooit geadverteer het nie, kry MW Dienste gereeld nuwe klante, omdat ander mense hul geliefdes na ons verwys.
My advies vir iemand oor mediese fondse: doen navorsing. Mediese fondse is iets wat mens onwetend elke dag gebruik en op enige oomblik kan nodig hê, maar mense is dikwels op die verkeerde plek en hulle weet dit nie eers nie. By MW Dienste gaan kyk ons wat op mediese fondse se stelsels aangaan en gebruik hierdie inligting om te bepaal hoe ons vir jou behoeftes kan voorsien. Ons verstaan ook dat mediese fondse persoonlik is en dat mense nie sommer wil skuif nie. Op die einde van die dag gaan dit oor jou: advies moet vir kliënte se unieke behoeftes die beste wees. Mense dink hulle kan self regkom, maar dis makliker om ‘n komplekse taak aan te pak met ‘n kenner aan die stuur.
Die mense en die hart van MW Dienste
Ek is ‘n gesinsmens. Ek hou van mense en dis vir my lekker om mense te help. Mediese fondse is vir my ‘n kanaal om by mense uit te kom – iewers om te help en bande te bou. Medies is ‘n komplekse veld, maar dis vir my lekker om mense te help om klarigheid oor hulle situasie te kry. Ek het veral ‘n sagte plek vir ou mense en arm mense. Die Here onderhou my in hierdie besigheid. Ek weet my beroep en besigheid is my roeping en dat Hy my die geleentheid gee om deur my werk met mense in kontak te kom.
Die Koninkryksimpak van MW Dienste
Hierdie beroep het my gewys dat ons nooit werklik sal weet wat ons uit iets uit gaan kry nie, maar as ons saai en God se hande, voete en mond op aarde is, sal God vir jou voorsien. Hierdie beroep bring my elke dag in kontak met mense waarmee ek oor God kan praat. Die Bybel sê dat dit nie net oor geloof gaan nie, maar oor jou werke, dit wat jy elke dag doen. Hierdie beroep is vir my ‘n plek waar ek mense kan help en dien wanneer hulle iemand nodig het om die komplekse mediese veld ‘n bietjie minder vreesaanjaend te maak.