ST Partners
- https://www.stpartners.co.za/
- +27 (0)67 062 0375
- johan@stpartners.co.za
- https://wa.me/27670620375
Dienste / Produkte:
Meer oor ST Partners
KOM ONTMOET ST PARTNERS
Ons is ST Partners, jou voorkeurmaatskappy vir alle dinge rondom internasionale betalings. As finansiële diensteverskaffer help ons kliënte, beide besighede en individue, om geld veilig en effektief tussen lande en geldeenhede te beweeg. Met ‘n span deskundiges van gesamentlik oor die 200 jaar in internasionale bankwese, weet ons ST Partners-kliënte dat hulle elke oomblik van die proses in goeie, kundige hande is.
Internasionale geldbewegings kan kompleks wees. As ST Partners help ons om koste te verminder, risiko te bestuur en te verseker dat transaksies spoedig, korrek en wettig hanteer word. Ons bied mededingende wisselkoerse, deursigtigheid sonder versteekte kostes, en kan wisselkoers fluktuasierisiko’s identifiseer en mitigeer. ST Partners bied ook die nodige kundigheid en advies sodat ons kliënte se internasionale betalings vinniger en meer doeltreffend kan geskied, terwyl elkeen uitnemende, persoonlike diens ontvang. Ons gebruik die nuutste tegnologie om seker te wees dat die prosesse effektief gebeur en kan kliënte, plaaslik en internasionaal, uitstaande diens gee. Deur met ons te werk word die prosesse – van FICA, voortdurende monitor van rekeninge, tot finale oordrag van fondse en alle relevante nakominge – namens jou hanteer in ‘n manier om in elke stap jou beste belange en groei op die hart te dra.
Die mense en die hart van ST Partners
ST Partners is gestig in 2020 deur Johan Stofberg, ons hoof-uitvoerende direkteur. ST Partners fokus op die skep van geleenthede; ons help kliënte om geld internasionaal te verskuif, nakoming te bestuur en toegang te kry tot globale geleenthede wat andersins duur, kompleks of buite bereik sou wees. Die ST Partners-span bestaan uit kenners en kundiges vanuit die agtergronde van internasionale bankwese, die reserwebank en ander dele van die finansiële sektor. Saam sorg ons vir ons kliënte, sodat elke aspek in oorweging gebring word om die beste vir die kliënt te bied.
Die ST Partner-span se hart is vir mense om finansiële vryheid te hê – nie net “genoeg” nie. Ons gebruik ons kennis, kundigheid en vaardighede om hierdie vir mense ‘n realiteit te maak. Ons leef in ‘n wêreld waar daar ‘n konstante gejaag na geld is – asof mense nooit genoeg het nie. Mense kom nie meer by geliefdes uit nie, geniet nie meer die mooi in die wêreld om hulle nie, en brand uit. Finansies is stresvol… maar dit hoef nie te wees nie. Ons wil mense effektiewelik vrymaak van die konstante gevoel van “moet: – “moet” werk, “moet” langer ure, “moet” meer hê… na “ek kan rus – ek het genoeg”.
Die Koninkryksimpak van ST Partners
Finansies is ‘n groot aspek van die lewe en kan dus op ‘n stadium voel asof dit mense se lewe oorneem en oorheers. Dit is nodig om herinner te word dat dit wat ons het, net aan ons toevertrou is – dit behoort nie aan ons nie. Ons raak soms so gejaagd dat ons vergeet Wie ons Voorsiener is. Net die Here sorg vir ons. Ons impak is om deur ons besigheid, ware Goddelike rentmeesterskap te wys in elke aspek: hoe ons werk met kliënte, hoe ons intern met mekaar werk, hoe ons besigheid doen in elke vlak en faset. Hierdeur versprei ons God se Woord en Sy Koninkryk. Alle eer gaan aan God, want alles gaan oor God. Uitnemendheid is ons fokus; ons glo dat hierdie krities is in hoe kinders van die Here besigheid moet doen. Ons doen besigheid goed, reg, regverdig en eerbaar.