JHS Solutions

Dienste / Produkte:

Wetlike gesondheids- en veiligheidsnakoming • Implementering en bestuur van gesondheids- en veiligheidstelsels • Risiko-assesserings en risikobestuur • Digitalisering van gesondheids- en veiligheidsbestuur • Gapingsassesserings, inspeksies en oudits

Meer oor JHS Solutions

Leer ken vir JHS Solutions

My naam is Jana, die eienaar van JHS Solutions. Ek glo dat health & safety nie iets is wat ’n besigheid net moet hanteer omdat die wet dit vereis nie. Dit behoort ’n fundamentele deel te wees van hoe ’n besigheid dink, beplan en elke dag funksioneer. By JHS Solutions help ek besighede om juis dit te bereik. Ek kyk na waar ’n onderneming tans staan, waar die gapings is en waar hulle wil wees, en help hulle om die regte stelsels en prosesse in plek te kry. Dit kan beteken dat ons ’n bestaande veiligheidstelsel beter bestuur en onderhou, nuwe prosesse implementeer of die besigheid help om na ’n digitale, wolkgebaseerde oplossing oor te skakel. Die metode verskil van besigheid tot besigheid, maar die doel bly dieselfde: om health & safety prakties, aktief en deel van die onderneming te maak.

Vir my gaan wettige nakoming daarom nie bloot oor ’n lêer wat reg moet wees wanneer ’n inspekteur opdaag nie. Dit gaan daaroor dat ’n besigheid elke dag weet waar sy risiko’s lê en wat hy daaraan doen. Met veranderinge in wetgewing en groter fokus op die afdwinging daarvan, is dit belangriker as ooit dat besighede nie reaktief moet wag totdat daar ’n probleem is nie. Ek kom langs die besigheid staan as ’n eksterne spesialis en help om die regte strukture, stelsels en praktyke in plek te kry – op ’n manier wat vir daardie spesifieke onderneming werk.

Die mens en hart agter die besigheid

My liefde vir beroepsveiligheid het begin toe ek vroeg in my loopbaan in die mynbedryf as ’n “Safety Representative” gewerk het. Ek het besef hoe belangrik dit is om vooruit te dink: Wat kan verkeerd gaan, en wat kan ek doen om dit te voorkom? Daardie vraag het my nog altyd bygebly. Van die mynbedryf tot my ervaring in ’n plofstoffabriek in Kempton Park en later met die ontwikkeling en bestuur van veiligheidstelsels, het my passie al hoe sterker geword. Ek het veral begin besef hoeveel waarde daar daarin lê om nie net op probleme te reageer nie, maar om die regte stelsels en struktuur vooraf te skep sodat mense veilig kan werk en aan die einde van die dag veilig huis toe kan gaan.

Ek wil hê besigheidseienaars moet anders begin dink oor health & safety. Dit is nie net nog ’n boksie wat afgemerk moet word, of ’n taak wat aan een persoon “gegee” word om te hanteer nie. Dit behoort deel te wees van die fondament waarop ’n besigheid gebou word: van hoe mense werk en besluite neem tot hoe risiko’s bestuur word. Elke besigheid is uniek, en daar is nie een “how-to” wat vir almal werk nie. My rol is om saam met ’n onderneming te ontdek wat vir húlle werk en beroepsveiligheid só in hul besigheid te verweef dat dit nie meer iets apart is nie, maar eenvoudig deel word van hoe hulle hul besigheid doen.


Die Koninkryksimpak van JHS Solutions

Ek probeer om vrug te dra waar ek my ookal bevind. Die Israeliete moes hulle in Babilon laat ‘groei’ – so wil ek ook wees vir ander. Vriendelikheid, goedheid, getrouheid; dit vra niks, maar beteken baie. Ek probeer altyd ‘n glimlag op my gesig hê, en so iemand se dag bietjie opkikker.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top