EXP Realty (Team Loots)
Dienste / Produkte:
Meer oor EXP Realty (Team Loots)
Ons is Cornie & Franita Loots van EXP Realty South Africa (Team Loots)
Cornie en Franita Loots is ’n span ervare, onafhanklike, geregistreerde en gekwalifiseerde eiendomsagente (property practitioners) by eXp Realty South Africa, met geldige Fidelity Fund-sertifikate. Hulle werk hoofsaaklik in Pretoria-Oos en die Centurion-omgewing, maar kan ook kliënte landswyd bystaan wanneer mense ’n eiendom elders wil koop, verkoop of verhuur. Die fokus is prakties en kliëntgerig: verkope en verhurings van residensiële eiendomme, verkope van kommersiële eiendomme, asook ’n gratis vergelykende markanalise (CMA) vir voornemende verkopers om die marktendense te verstaan.
Bemarking kry sterk aandag op alle nasionale eiendomsportale, internasionaal op Properstar, en op relevante sosiale platforms. Ons help met die volledige pad: van die eerste gesprek en mark-analise, tot advertensies, besigtigings, opvolg, onderhandeling, papierwerk en koördinering met die rolspelers in die proses. Cornie en Franita kommunikeer in Afrikaans én Engels, en ons hou daarvan om dinge eenvoudig en duidelik te verduidelik, sodat kliënte ingeligte besluite kan neem, met persoonlike aandag en vinnige terugvoer. Hulle is nie geswore waardeerders nie, maar bied wel ’n realistiese mark-analise op grond van vergelykbare data en plaaslike markkennis. eXp Realty South Africa beskik tans oor ongeveer 1 400 geregistreerde agente landwyd.
‘n Huis het ‘n groot impak op jou droom. Wanneer kinders kom of uit die huis trek, iemand van die huis af begin werk, hulle moet afskaal, om net ‘n paar omstandighede te noem, speel ‘n huis ‘n enorme rol. ’n Ervare en betroubare eiendomsagent beskerm jou geld, jou tyd én jou gemoedsrus tydens een van die grootste finansiële besluite van jou lewe. Ons help jou met die regte prys van die begin af: ons verstaan die mark, vergelyk onlangse verkope en help jou om nie te laag te verkoop of te hoog te prys nie; ons het die nodige markkennis, weet wat kopers soek en hoe om onderhandelings te hanteer, sodat jy die beste moontlike prys kry; ons help jou om duur foute te voorkom in die transaksie-en regsproses; ons hanteer die hele proses namens jou, sodat jy nie alles hoef te bestuur nie; en laastens, ons het ‘n gevestigde netwerk van ander agente, kopers, prokureurs en meer sodat jy elke deel van die proses met die beste werk en goeie resultate kry. Ons kommunikeer deursigtig, gee eerlike advies en werk in jou beste belange. Kontak ons gerus vir samewerking, verwysings of ’n vinnige gesprek oor jou eiendomsbehoeftes.
Die mense en hart agter ons span
As man-en-vrou-span bring Cornie en Franita saam 60–70 jaar se finansiële- en eiendomsektor-ondervinding. Franita het haar loopbaan by ABSA begin as verbandekonsultant, daarna as verbandsbemiddelaar (bond originator), en is sedert 2014 aktief in eiendomsbemarking-en verkope. Cornie het ongeveer 40 jaar by ABSA gewerk en het in 2020 by die span aangesluit.
Ons styl is eenvoudig: deursigtig, professioneel en betrokke. Verhoudings kom eerste, daarom is ons doel nie net om ’n transaksie “deur te druk” nie, maar om mense reg te adviseer en deur die hele koop-, verkoop- of verhuringproses te stap. Jy kan verwag: persoonlike aandag, gereelde terugvoer, eerlike gesprekke oor pryse en verwagtinge, en ’n netjiese, gestruktureerde proses van begin tot einde. Ons luister mooi na ’n kliënt se situasie en tydsraamwerk, en pas die bemarkingsplan daarby aan, sonder drama, sonder fieterjasies. Vir ons is ’n kliënt nie ’n nommer nie; dis ’n langtermyn verhouding wat met respek en integriteit gebou word.
Ons Koninkryksimpak
Ons bedryf ’n Koningsbesigheid wat met integriteit, wysheid en langtermyn-visie bestuur word. Mense word reg behandel, kwaliteit en integriteit kom eerste, en wins is ’n gevolg – nie die dryfkrag nie. Dis ’n besigheid wat vertroue bou, waarde skep en oor tyd standhou.