Van Twisk Attorneys
- https://vantwisk.co.za/
- +27 (0)76 990 7524
- info@vantwisk.co.za
- https://wa.me/27769907524
Dienste / Produkte:
Meer oor Van Twisk Attorneys
Welkom by Van Twisk Attorneys
Ons is Van Twisk Attorneys, ‘n prokureursfirma, transportbesorger en notaris. Ons verskaf ‘n verskeidenheid dienste aan kliënte, wat insluit: opstel van testamente, registrasie van trusts, oordrag van eiendomme, administrasie van bestorwe boedels, opstel van kontrakte & huurooreenkomste, registrasie van maatskappye, huweliksvoorwaardekontrakte, en notariële verbande. Prokureurs het soms ‘n baie slegte naam, so dit is vir ons ‘n fokuspunt om lig te wees en met diepgewortelde integriteit ons kliënte te diens, sonder kompromie.
Om te werk met ‘n prokureur wat ook ’n transportbesorger en notaris is, bied regsakkuraatheid, gladder eiendomsoordragte en gesertifiseerde dokumentasie. Deur met Van Twisk Attorneys te werk word alles onder een sambreel vir jou hanteer: jou eiendomsoordragte, kontrakte en gesertifiseerde dokumente word hanteer met minder vertragings en verwarring; as transportbesorger verseker ons dat oordragte wetlik voldoenend en korrek geregistreer word, en voorkom dus duur foute; as notaris kan ons gespesialiseerde dokumente opstel en wettiglik bekragtig met sterk regswaarde; as ’n ervare prokureur identifiseer ons risiko’s vroeg en beskerm jou regte voordat jy teken. En die belangrikste: ons sterk etiese waardes verseker deursigtigheid, eerlikheid en dat jou beste belange altyd eerste gestel word.
Die mens en hart agter Van Twisk Attorneys
Joané van Twisk is die mens agter Van Twisk Attorneys. As prokureur het sy jare se ervaring in die korporatiewe wêreld. Nadat sy ma geword het, het sy ‘n meer familie-georiënteerde lewe begin leef. Van Twisk Attorneys is begin as ‘n firma waar die Here eerste kom en Hy in elke transaksie geëer word. Die fokus is om spesialisdienste aan te bied. Ons doelstelling is: Lei Gesinne, Beskerm Bates, Bewaar Nalatenskappe. Wanneer mense op ‘n stadium in hul lewens kom waar hulle troue en met ‘n familie begin, is dit noodsaaklik om anders en nuut te gaan kyk na die toekoms, bates en wat jy vir jou gesin agterlaat. As firma is ons hartklop om mense te reg te lei en kennis te deel, sodat hulle toekoms beskerm word.
Joané se passie is om ‘n stem te wees vir mense wat nie ‘n stem het nie, en kennis en haar kundigheid te gebruik om ‘n verskil vir mense te maak. Om haar gawes en talente elke dag op ‘n manier te gebruik wat die Here verheerlik is haar doelwit, en dit is ook duidelik sigbaar in die manier waarop Van Twisk Attorneys besigheid doen en met kliënte werk.
Die Koninkryksimpak van Van Twisk Attorneys
‘n Koninkryksbesigheid is een wat gebou is op die fondament van Christus, sodat elke aspek van die besigheid voortvloei uit geloofsgedrewe motiewe en doelwitte. Dit is ‘n besigheid waar Christus die goue draad is wat van begin tot einde deur elke transaksie en elke ontmoeting met belanghebbendes loop. Die benutting van sakegeleenthede as ‘n platform is ‘n geleentheid om die Goeie Nuus te verkondig en ‘n voorbeeld van Christus aan ander te wees deur die wyse waarop ons ons besigheid bedryf, hoe ons met kliënte omgaan en deur God se hande en voete in hierdie wêreld te wees. Elke transaksie is ‘n geleentheid vir die Here om deur ons te werk en vir Koninkryksimpak.