AGMarket

Dienste / Produkte:

Produkbemarking • Drop shipment • Lys produkte • Kliëntediens

Meer oor AGMarket

HIERDIE IS AGMARKET

AgMarket is ‘n landbougesentreerde aanlyndiens wat  kliënte en verskaffers landswyd met mekaar skakel. Ons maak die koop en verkoop van landbouprodukte maklik: ons doen die logistieke, kliëntediens, bemarking en digitale optimalisering vír jou. Verskaffers moet net die produkte verpak, en die res kan julle vir ons los. Die verskaffers kry volledige data om hulle by te staan met verkope en die optimalisering van hulle produkte. Ons bied ook geleenthede soos drop shipment aan. Ons platform is ideaal vir klein- en grootmaat verkope en aankope; daar is bykans 30 000 verskillende produkte op ons aanlynwinkel gelys. Alhoewel ons landbougesentreerd is, is ons platform nie tot landbouprodukte beperk nie.

AgMarket is meer as net ’n aanlyn markplek; dit is ’n platform wat ontwerp is om vertroue, toeganklikheid en doeltreffendheid in die landbou- en handelsomgewing te bevorder. Deur kopers en verkopers op een sentrale platform bymekaar te bring, word die proses van produknavorsing, vergelyking en aankope aansienlik vereenvoudig. Besighede kry groter blootstelling aan ’n relevante teikenmark, terwyl kopers toegang het tot ’n wyer verskeidenheid produkte en verskaffers sonder die beperkings van geografiese afstand. Met gevorderde aanlyn sekuriteit en veilige transaksieprosesse as kernprioriteit, skep AGMarket ’n professionele digitale omgewing waar gebruikers met gemoedsrus kan handel dryf en waardevolle sakeverhoudings kan bou.

Die mense en die hart van AGMarket

Hier by AGMarket het ons ‘n span wat inkoop in ons visie: voedselsekerheid vir Afrika. Alles wat ons doen word gemik om hierdie droom ‘n realiteit te maak. Almal in ons span spesialiseer in hul velde – dis hoe ons die beste diens verseker. Die bestuur het werklik ‘n manier om mense te betrek en mense ingekoop te hou in die projek en groter plan, doel en visie. By AGMarket weet ons ook dat ons met gemeenskappe werk, so ons pryse word uitgewerk sodat mense dit wat hulle nodig het, kan bekostig. Vir ons gaan dit nie net oor geld maak nie, want ons verstaan dat besigheid daar is vir groter dinge – ons wil hê mense moet in ons visie inkoop.

Die Koninkryksimpak van AGMarket

Die Bybel roep ons om mense te help, en dit is waarna AGMarket strewe. Ons wil die koop en verkoopprosees vir jou so maklik as moontlik maak sodat ons ons visie van voedselsekerheid kan realiseer. Hierdie is die Here se visie en Sy besigheid. Alle uitdagings en doelwitte word vir Hom gegee. Ons fokus ook op besigheid as ‘n manier om ons Christenskap uit te leef – mense moet in elke interaksie sien dat hierdie besigheid aan die Here behoort.

REGISTREER OF TEKEN AAN OM DIE PROFIEL TE SIEN.

Scroll to Top