HR Maverick Solutions
- +27 (0)60 966 4848
- info@hrmaverick.co.za
- https://wa.me/27609664848
Dienste / Produkte:
Meer oor HR Maverick Solutions
Kom ontmoet vir HR Maverick Solutions
Mense is die hart van enige besigheid. ’n Professionele HR-benadering gaan nie net oor papierwerk nie; dit gaan oor die bou van ’n stabiele, winsgewende en gerespekteerde besigheid. Wanneer jy ‘n klein-tot mediumgrootte organisasie bestuur, werk kliënte baie gereeld meer direk met jou span. Deur te verseker dat jy die regte personeel aanstel, verwagtinge duidelik vasgestel en prestasie bestuur word, kan dit die produktiwiteit van jou besigheid verhoog, wat deursyfer na die winsgewendheid. Elke besigheid het ook ‘n verantwoordelikheid om te voldoen aan alle toepaslike wetgewing, veral met arbeidswette; strategiese HR beskerm die besigheid en skep ’n professionele, voldoenende werksomgewing. Groei vereis ook struktuur: deur prosesse en beleide in plek te sit van die begin af, gee ruimte vir groei binne-in ‘n gestruktureerde omgewing wat die besigheid, werkgewers en werknemers beskerm.
HR Maverick Solutions spesialiseer in strategiese HR-beplanning, werwing & seleksie, prestasiebestuur, leer & ontwikkeling, werknemer-en werkgewerverhoudings, arbeidswetgewing, dissiplinêre bestuur, CCMA- voorbereiding, en HR-leierskap. Ons fokus op die bou van hoëpresterende spanne terwyl ons besighede beskerm en mense bemagtig. Die voordele om met ‘n HR-spesialis te werk sluit onder andere in: die werwing van die regte talent en ontwikkel vaardighede vir beter produktiwiteit; ons verseker volle nakoming aan arbeidswette, dissiplinêre prosesse en beleid voldoen aan arbeidswetgewing (bv. Basic Conditions of Employment Act & Labour Relations Act) wat jou beskerm teen dispute, boetes en duur regskoste; ons strategie bevorder goeie kommunikasie, prestasiebestuur en erkenning, want gelukkige, gemotiveerde werknemers bly langer en dra meer by tot groei; ons help met die groei, skaalbaarheid en behoud van die besigheid se kultuur wat help om die besigheid se langtermyn stabiliteit te verseker.
Die mens en hart agter HR Maverick Solutions
Leonard Viljoen het HR Maverick Solutions gestig as ‘n HR-maatskappy met absolute regverdigheid as fondasie. Met jare se ondervinding het hy eerstehands gesien hoe onetiese praktyke in HR voorkom. HR Maverick Solutions bring balans. Ons werk saam met prokureurs waar nodig, fokus op voorkoming deur sterk beleide, en ondersteun jou volledig – Voorkoming is beter as genesing: HR Maverick kan jou help om aspekte en beleide reeds in plek te kry voordat ‘n saak by CCMA beland, en sou dit wel, is ons daar om jou te help en elke deel van die pad te lei en te ondersteun. Ons is SABPP-geakkrediteerd en op B-BBEE vlak 4, en bly op hoogte van enige verandering in toepaslike wetgewing om seker te maak ons kliënte voldoen daaraan. Deur met HR Maverick Solutions te werk kan jy fokus op jou besigheid se kernaspekte en ons op jou menslike hulpbronne.
Die hart van HR Maverick is regverdigheid en om besighede te help om werksplekke te wees van deursigtigheid en duidelikheid. Maak ‘n verskil waar jy ‘n verskil kan maak. Die besigheidswêreld kan soms toksies en negatief wees, maar ons hartklop is om positiwiteit en hoop terug te bring. Besigheidseienaars moet verstaan dat dit wat ‘n jaar terug gewerk het, nie noodwendig in die hede meer werk nie – ons help jou om hierdie te bestuur sodat jou besigheid opgestel word vir groei en sukses.
Die Koninkryksimpak van HR Maverick Solutions
‘n Koninkryksbesigheid bou op God se beginsels: integriteit, geregtigheid, diensbaarheid, eerlikheid en liefde vir mense bo wins alleen. Dit is ‘n besigheid wat nie net sukses najaag nie, maar ook God se karakter weerspieël deur hoe ons mense behandel, besluite neem, en hoe ons waarde toevoeg tot ons kliënte, werknemers en gemeenskappe. Dit gaan daarom om ‘n lig te wees in die besigheidswêreld; om te bou, te herstel en te transformeer volgens God se hart.
As HR Maverick voel ons dat ons Koninkryksimpak is om besighede te help om werksomgewings te skep waar mense waardig, regverdig en gerespekteer word. Wanneer ons help met nakoming, billike vergoeding, konflikoplossing, groei en ontwikkeling, sien ons hoe werknemers floreer, gesinne sterker word, en spanne met meer eenheid en doelgerigtheid werk. Dit verminder onnodige spanning, bou vertroue, en skep geleenthede vir mense om hul Godgegewe potensiaal te bereik. Dit is vir ons ‘n manier om God se liefde prakties in die werksplek te bring deur besighede te beskerm, mense te bemagtig, en ‘n kultuur van geregtigheid en genade te bevorder.