Piano&MUSIC
- https://pianoandmusic.co.za/
- +27 (0)65 879 6252 (slegs WhatsApp)
- hello@pianoandmusic.co.za
- https://wa.me/27658796252
Dienste / Produkte:
Meer oor Piano&MUSIC
Leer ken Piano&MUSIC
Piano&MUSIC bied klavier- en musiekteorielesse aan in Menlopark, Pretoria-Oos. Lesse word in-persoon aangebied, in Engels of Afrikaans, en is geskik vir kinders vanaf 5 jaar tot volwassenes. Die lesse is ideaal vir leerders wat formele klavieropleiding wil ontvang, asook vir dié wat klavier wil leer speel en musiek wil maak as ‘n prettige en ontspannende aktiwiteit. Die lesse sluit beide prakties en teorie in, sodat leerlinge musiek as beide ‘n taal-en kunsvorm kan leer verstaan en beoefen.
Die voordele van die aanleer van ’n musiekinstrument, spesifiek die klavier, is enorm. Om klavier te leer speel verbeter nie net fyn motoriese vaardighede, geheue, kognisie, stresbestuur en hand-oog-koördinasie nie – dit het ’n wesenlike invloed op ’n persoon se liggaam, siel en algehele lewe.
Navorsing het getoon dat klavierspel beide jong en ouer mense op fisiologiese én sielkundige vlakke positief beïnvloed. Verdere voordele van klavierspeel sluit in:
♫ Verbeterde konsentrasie en geheue (veral verbale geheue by kinders)
♫ Klavierspel verhoog ruimtelik-tydelike vermoë, wat ’n groot rol speel in wiskunde, wetenskap en ingenieurswese
♫ Verbeterde tydsbestuur en kognitiewe funksies
♫ Bevordering van kreatiwiteit en selfuitdrukking
♫ Klavierlesse vir ouer volwassenes toon beduidende verbetering in menslike groeihormoonvlakke, wat help om die negatiewe gevolge van veroudering te vertraag
♫ Musiek verminder angs, verlaag hart- en asemhalingsfrekwensie, verminder hartkomplikasies, bloeddruk en verhoog die liggaam se immuunreaksie
Daar is geen twyfel dat klavierspeel kan bydra tot die volle ontwikkeling van ’n persoon nie, en dat dit verskeie aspekte van ’n mens se lewe positief kan beïnvloed. Leer om klavier te speel – en ontdek vermoëns waarvan jy nie eens geweet het jy beskik nie.
Die mense en hart agter Piano&MUSIC
Annick Malan is die Piano&MUSIC-klavieronderwyseres en pianis. Haar klassieke klavieropleiding het in 1992 begin onder die bekende en hoog aangeskrewe musiekonderwyseres, Claudine van Breda, by wie sy 11 jaar lank opleiding ontvang het. Annick het in 2009 haar BMus IV (Hons.)-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, met spesialisering in Musiekterapie, Klassieke Klavier en Musiekteorie. Vir haar klassieke klavierstudies het sy vir 4 jaar onder leiding van Prof. Wessel van Wyk studeer, en 3 jaar jazzklavier onder die begeleiding van Dr. Charl du Plessis en Noel Stockton. Sy het al die voorreg gehad om by verskeie geleenthede oor Suid-Afrika op te tree.
Musiek is nie bloot ’n universele taal nie. Dit het die doel om mense te verbind, mooi oomblikke te vorm, en te praat waar woorde tekortskiet om emosie uit te druk. Musiek is klankkuns wat ’n diep deel van ons menswees aanraak, en kan kommunikeer waar woorde tekort skiet. Om ’n instrument te speel gaan veel verder as bloot selfuitdrukking. Musiek maak het ’n groot invloed op, en bring verskeie voordele vir, beide die verstandelike en fisieke aspekte van ‘n mens. In net ’n paar woorde: musiek speel ’n belangrike rol in die ontsluiting van ’n persoon se potensiaal.
Die Koninkryksimpak van Piano&MUSIC
Deur musiek en die lesse word die geleentheid geskep om kosbare gesprekke met ewigheidswaarde te hê. Dít is die doel van Piano&MUSIC – om met mense deur musiek te verbind en, deur die aanleer en beoefening van klavierspel, en die vreugde van musiek, ’n verskil te maak in mense se lewens. Ons lees baie in die Woord van musiek en die uitwerking daarvan – hoe dit ‘n besondere manier is om die Here te verheerlik. Musiek is ‘n kosbare Goddelike geskenk wat die Here kragtig gebruik wanneer dit vir Sy glorie en uitbreiding van Sy Koninkryk is. Hiérdie vorm die fokus en die hart van Piano&MUSIC.